news | the society | sections | centres | publications | astronomy in SAsite map | about

 

 news > reisdagboek - magda streicher op die herschel's se spoor

 

Reisdagboek

Magda Streicher op die spoor van die Herschels

 

Neem ons maar nie net die NGC lys as vanselfsprekend aan nie? 'n Waardering en belangstelling het ontstaan en my genoop om die Herschel's se voetspore in Engeland te volg.

Londen is maar net Londen en selfs in die nat mistroostigheid bly die polsende stad 'n belewenis. Die mooi groen parke met water fonteine bring 'n lafenis tussen swart huurmotors en rooi busse. Lataanbome strooi hul herfs blare langs die sypaadjies in 'n goue bedekking.

Big Benn beier die tyd en ek staan voor die Royal Astronomical Society se deur in Burlington House, Piccadilly. Peter Hingley die Librarian, is 'n vriendelike man en ken sterrekunde geskiedenis op die punte van sy vingers. Die biblioteek met duisende boeke sommige in leer baadjies staan vol gepak en soos verwag, tot teen die dak gestapel. Beslis 'n indrukwekkende gesig, wat verder met 'n gegote trap op lei na nog meer boeke. William Herschel se oorspronklike bundels is in stapels op 'n rak uitgepak en volgens Peter miljoene werd. So begin my historiese tog met 'n blik in die 1543 bundel van Copernicus. Goed gedokumenteerde sonvlek sketse wat deur Gallileo gemaak is in 1613 laat 'n blywende indruk op my. 'n Pragtige kleurvolle bundel wat die sterrebeelde en sonnestelsel in sirkels uitbeeld kan verstommend binne die boek roteer. Nie alleen is dit uiters waardevol nie, dit is pragstukke uitgebeeld op papier. Peter haal versigtig 'n Maan skets uit sy karton houer, die buiterand swart gevat en plek, plek aan die uitrafel. 'n Pragstuk van Cassini gemaak in 1670 met 'n afbeelding van sy vrou wat in die waai van Mare Imbrium op die Promontorium Heraclides uitbeeld is. Sy moes 'n blywende inspirasie op Cassini se lewe gehad het. Slegs vier grade wes kan die klein krater Caroline Herschel ook op die afbeelding gesien word. Urania's Mirror, sterrebeelde kaarte wat die sterre aandui in korrekte helderheid. Die raadsaal bring gedagtes en gesigte van vergaderings wat oor vele jare hier gehou is. Einstein's theory is hier besing met "one of the greatest achievements in the history of human thought", alias die woorde van die President in 1919 tydens 'n vergadering wat hier gehou is. Teen die mure pryk twee olie skilderye van David Gill en Sir George Airy. Ek is bevoorreg om die mooiste ligbruin leer bundel in my hand te hou wat deur Halley gebruik is om aan te toon dat 'n komeet se stert altyd wegwys vanaf die Son.

Met 'n ongekende opgewondenheid vertrek ek per trein om my eerste afspraak met William Herschel na te kom. Bath, a world heritage site, is a beautiful Georgian city with delightful crescents, terraces and architecture. The magnificent Roman baths built nearly 2,000 years ago and where over one million litres of boiling water still burst free from the hot springs everyday. Onmiddellik voel ek tuis en gelukkig so asof ek hier in die stad hoort. My bestemming is 19 New King street waar William Herschel gewoon het. Die grondvloer weerspieël William se passie met verskeie oorspronklike teleskoop speels van polished speculum metal. 'n Replika reflecting telescope toon die instrument wat William gebruik het die aand van die 13 Maart 1781 met sy ontdekking van die planeet Uranus in die sterre omgewing van H Geminorum. He begun his famous "review of the heavens" and his sister Caroline as his ever present assistant staying with him and making notes of everything that pass in front of his eyes. William discoverd thousands of double stars, clusters and nebulae, yet he never discovered a comet in contrast to Caroline who found as many as eight. Caroline Herschel's telescope is still on display at the museum.  Ironically she was not with him at the greatest moment of his life. William became the King's Astronomer met 'n toekenning van Koning George 111 monarch of England. Talle oorspronklike boeke en geraamde manuskripte kan teen die mure gesien word. Die oorspronklike trap wat na die musiek kamer lei bring 'n ongekende gevoel, om te dink William het dit ook op 'n tyd op gestap. William se houtkis kan hier gesien word, duidelik deur baie jare gebruik, vertel stilswyend 'n wonderlike verhaal. Die werkkamer op die grondvlak se vloer is vol barste en word daar vertel so gelaat weens sy talle pogings en mislukkings met die smee van warm glas. Vandaar verkry ek toegang tot die buite tuin waar ek peinsend staan met die besef dat dit hier is waar Uranus se eerste lig sy teleskoop binne gedring het. Ek is ongelooflik gelukkig en tevrede, wat 'n voorreg om in William, wat nou soos my vriend voel se voetspore te kon loop. Both as an astronomer and as a man, William Herschel was "great' by any standards.

Dit is guyfox aand en die stad Bath is oortrek met duisende spatels vuurliggies wat neer daal op die statige ou geboue en kerke en vir 'n oomblik is ek hartseer.

Stonehenge is the most important prehistoric monument in the whole of Britian. Tereg laat die massiewe klip formasies 'n onvergeetlike indruk teen die groen vlaktes waarop skape rustig wei. Talle vrae rondom die plasing en bou van die monument is onbeantwoord, dit laat egter in my 'n gevoel van ongeloof en verbasing. Die paar dae in Bath en omgewing was 'n belewenis, my met herinnering gelaat en 'n blywende indruk gemaak.

Die volgende paar dae bring die mooi natuurskoon van Wallis en William Shakespeare se verhaal in die mooi dorpie Stradtford on Avon.

Oxford is gewis een van die mooiste stede denkbaar. Dominating the three-acre site of Green College is the eighteenth-century Radcliffe Observatory. The building functioned as an observatory from 1773 until 1934. 'n Merkwaardige geel geverfde gebou met 11 van die 12 sterrebeelde wat deel van die voor aansig versier. Die sterrebeeld Scorpius and Libra word as een uitgebeeld. Edmond Halley se huis is nog in sy oorspronklike staat en net af van die pragtige ou middel plein met sy imposante geboue. Die sterrewag, 'n vierkantige geboutjie staan bo-op die huis se dak.  By die voordeur is 'n plaak met die volgende woorde "Edmund Halley Savilian Professor of Geometry 1703-1742 lived and had his observatory in this house".Vir 'n oomblik staan ek peinsend voor die deur, in die voetspore van nog 'n groot naam in sterrekunde.

Die laaste maar ook belangrike opdrag aan myself was om William se laaste rusplek te besoek. Terug in Londen reel 'n vriendin van my 'n Engelsman, baie concern om my te vergesel na Slough wat aan die buitewyke van Londen geleë is. Na etlike ure van skarrel agter die mannetjie aan wat die pad aandui met: this way darling and that way darling kom ons met bus, fast and slow train Slough binne. Die huurmotor man kyk my verstom aan toe ek vra om na die oudste kerk geneem te word. M'dame in sy mooi Engels laat hy my verstaan dat daar heelwat ou kerke in Slough is, watter een kan dit dan wees. Die een waar William begrawe is probeer ek weer! Dit is dan ook voorwaar die oudste kerk wat ek nog gesien het, heel waarskynlik gebou in die 16de eeu. Die oudste en grootste grafstene omsirkel die klip kerkgebou. John Herschel se seun Alexander is begrawe in die kerk tuin maar in omstredenheid is geen grafsteen op sy graf aangebring nie. Which is well know is that Alexander Stewart Herschel, became an expert in the study of meteors. Saint Laurence's was saved from total demolition in 1837 by a donated of 50pound. Die ovaal swaar houd deur nooi my binne en ek betree William se laaste rusplek. A stain glass window was dedicated to the memory of Sir William Herschel. Gegeerd en gerespekteer was hy in Slough met 'n ere rusplek tussen die torings reg voor die altaar. Die plat klip dui in Latyns aan "H.S.E. Gulielmus William Herschel born 15 November 1738 and died 25 August 1822". Sag steel ek die woorde in die klip op die grond, as if I could feel his bones. So long as humanity lasts, William Herschel will never be forgotten.

Voor die hand liggend moes ek Greenwich besoek en "op die begin van tyd" myself staan maak. Flamsteed House was built by Sir Christopher Wren in 1675-76. John Flamsteed the first Astronomer Royal task was to apply himself with the utmost care and deligence to rectifying the  tables of the motions of the heavens so as to find out the so much desired longitude of places for perfecting the art of navigation. Tussen herfs bome stap ek die minute op aarde binne en peinsend stop ek by die "first shop in the world" wat net 24 sekondes oos gelee is van algehele tyd.

Geduldig en met ondersteuning het Belinda my dogter op my gewag om my na nog 'n sterrekundige plek te vergesel. Westmister Abbey bied rusplek vir talle sterrekundiges, die laaste dog ook baie belangrike John Herschel moet besoek word. Die graf van John Herschel wat net langs Charles Darwin rus en skuins vanaf die baie imposante monument  graf van Isaac Newton is in die noord westelike gedeelte van die Abbey gelee. Die deel was nie toeganklik nie, maar nou het niks egter in my pad gestaan nie. Met 'n vroom gesig nader ek een van die manne met die lang rokke en siedaar hy neem my na my laaste sterrekundige bestemming in Engeland. Geduldig wag hy terwyl ek met potlood 'n skets maak van John Herschel se klipgraf. John Frederick William was born at Slough on 7 March 1792 and died in Kent on 11 May 1871. Explorer of the southern sky with perhaps his greatest contibution to astronomy the completion of his father's great task - to make a map of the heavens. Incidentally John himself could easily have found Neptune as early as 1830. On 14 July of that year one of his sweeps took him within half a degree of the planet. He was the last to see comet Halley at the return of 1835. John was a remarkably pleasant and frienldy person.

Die laaste aand in Londen sluit ons af onder neon ligte, sit plat op die trappe  van Piccadilly en ek voel in 'n ander wêreld. In net 12 dae het ek 'n ongekende sterre verhaal beleef, opgewondenheid, afwagting en 'n heerlikheid wat nie gou vergeet sal word nie.

 

 

news | the society | sections | centres | publications | astronomy in SAsite map | about

(c) ASSA 2003, 2004  • updated 2004 nov 02