news | the society | sections | centres | publications | astronomy in SAsite map | about

 

 news > die verskil tussen meteore, meteoriete en asteroides

 

Meteore

deur Magda streicher, Julie 2006

Gerugte het gou versprei, en ja ek weet almal het gedink ‘n ster het amper op Polokwane geval. Die waarheid is egter dat dit ‘n normale natuur verskynsel is. Dit gebeur egter so vinnig en net bloot ‘n geluk skoot om so ‘n brandende meteor te sien wat grasiueus deur die ruim ploeg.

Wanneer lank genoeg na die donker ruim op enige gegewe aand gekyk word, sal verseker ‘n handvol “verskietende sterre” gesien word. Meteore lyk soos vinnige ligstrale wat deur die ruim klief, en is in werklikheid nie sterre wat val nie, maar klein stukkies ruimte afval of klippe wat die boonste laag van die aarde se atmosfeer teen ‘n ongelooflike hoë spoed binnedring en uitbrand. Daar is egter ‘n verskil tussen Meteore, Meteoriete en Asteroide.

So ‘n skouspel wat oor Polokwane plaas gevind het is grotendeels te wyte aan die Meteoor se invalshoek deur die aarde se atmosfeer, die grootte en natuurlik die samestelling. Sommige van die meteore is ryk aan yster en kan dan ‘n verblindende blou-wit en selfs pers tot rooi vuurbal vertoon. Die spoed kan ook gepaard gaan met ‘n suis klank wanneer dit relatief digby deur die ruim beweeg. Meteore brand gewoolik gedeeltelik uit voor dit op die aarde neer plons. Sulke stukke klip, as dit gevind kan word vertoon gewoonlik donker in kleur in snaakse gesmelte vorms. Wees gewaarsku, sulke stukke bly egter die eindom van die staat.

Meteoriete daar in teen word veroorsaak deur klein stukkies vullis wat in die ruim om die son wentel en in die aarde se atmosfeer uitbrand. Dit is die meer algemene verskietende ligstale wat gewoonlik teen ‘n donker naghemel gesien kan word. Komete is ook deel van ons sonnestelsel en vorm in die area buite die nege planete, en dra by tot die verskynsel in die vorm van ‘n meteoriet reen. Sommige komete kan selfs duisende jare neem om een omwenteling om die Son te voltooi. Tydens so ‘n besoek smelt die buitenste laag gevriesde ysvullis en laat komeetstof in die ruim agter. Die versameling komeetstof bly hang in die ruim en wanneer die aarde in sy jaar lange tog om die Son beweeg vind ‘n komeetreën plaas. Meteoriete is niks groter as ‘n korrel sand  waarvan die helderste gewoonlik weer nie groter as ‘n gewone ertjie is nie. Afgesien van die groote, sal dit vir ons lesers ‘n verassing wees om te weet dat die aarde elke dag met duisende ton klein stukkies ruimte vullis en stofdeeltjies gebombadeer word. Wees egter gerus ek weet nie van iemand wat deur so ‘n klip besoeker getref is nie. 

Selde word die aarde getref deur groter rotse wat Asteroides genoem word en ‘n bedryging kan inhou vir lewe op aarde. Asteroide het gewoonlik hulle oorsprong in die asteroide belt wat tussen Mars en Jupiter geleë is. Daar kan dus ‘n fyn lyn getrek word tussen ‘n Meteor en ‘n Asteroid wat soms verwarrend kan wees. Die meeste van die asteroide se bane om die Son is gelukkig bekend aan wetenskaplikes. Klip formasies wat hul oorspronk op die Maan en Mars gehad het is egter al op die aarde se pole gevind waarvan die samestelling noemenswaardig verskil van aard formasies.

 

news | the society | sections | centres | publications | astronomy in SAsite map | about

(c) ASSA 2003, 2004  • webmaster hettlage@saao.ac.za